Die Goewerneurs Bredie

Simon van der Stel was seer sekerlik die eerste TOERIS aan die Weskus. Hierdie Goewerneur aan die Kaap was avontuurlustig en het, by gebrek aan georganiseerde toere of 4x4’s sy perdewaens gepak en die Weskus kom verken. Toe sy padkos, wat by die Kasteel vir hom voorberei is, opraak, moes hy self plan sien vir sy aandkossies. Hy was gatvol van gekookte eiers, pap tamaties en koue werfhoenderboudjies.

 

Naby Aurora het hy ‘n wonderlike droe boontjie ontdek en toe hy uitvind die boontjie het nie die opgeblase stuwing in sy onderstel gesit nie, het hy die Goewerneursbredie ontwerp met Heerenboontjies as hoof bestandeel. “Skiet vir my ‘n bok!” “Grawe wildeknoffel!” “Pluk suurings” blaf hy die bevele in Hollands uit. Die slawe en soldate kom terug met ‘n Wildsboud, ‘n bossie knoffel, uitjies en suurings en big maar saggies dat daar niks giftig in die pot is nie en dat Natuurbewaring nie moeilik sal raak oor die Duiker nie.

 

Simon van der Stel stel toe die voorbeeld en begin self in die swartpot kook. Eers haal hy sy gepoeierde pruik af en bere dit in die hoededood. Tog net nie Johnson en |Johnson babapoeier in die pot nie.

 

Met Hollandse vrygewigheid kombineer hy toe stukkies wildsvleis, saggekookte Heerbone en groenigheid in die potjie tot ‘n perfekte Goewerneursbredie. Hy vra toe dat die slawe genoeg rys kook uit Maleisie. Ook ontdek hy ‘n kweper tussen die proviand en sny dit netjies in stukkies.

 

Daardie aand eet Simon van der Stel soos ‘n Goewerneur. Daar was niks oor vir die slawe en soldate nie en hulle moes maar rys eet. Op Simon se Weskustoer was daar elke aand Goewerneursbredie op die spyskaart totdat die Heerboontjies opgeraak het ... Toe was dit maar weer hardgekookte eiers en hoenderboudjies (die tamaties was ook op)

 

Search Properties

Admin Login